VAKANSIETYD KOEKIES

KITCHEN TALK

 

WHITE NATION ADVERT SMALL

 

Join us on Facebook: FACEBOOK ICON

 

By White Nation correspondent Brackenfell, 14 Dec 2014

 

kondens

 

Kondensmelkkoekies

(Baie bros)

Bestanddele:
12 k koekmeel
3 k suiker
1½ lb (750 g) margarien
4 eiers
1 blik kondensmelk
1 e stroop
3 t koeksoda
3 t kremetart
½ t sout

Metode:
1. Room botter en suiker, gooi eiers een vir een in.
2. Voeg kondensmelk en stroop by en meng goed.
3. Gooi meel, koeksoda, kremetart en sout by.
4. Maak aan tot verlangde styfte en sit deur vleismeul met koekiemaker vooraan (kan ook balletjies gemaak word).
5. Bak 15 – 20 minute by 180°C.
6. Sit op mekaar met appelkooskonfyt of vanilla versiersuiker.

 

hertzog

 

Hertzoggies

Soetkors
(Maak 8 dosyn doppies)

Bestanddele:
4 k meelblom
250 g margarien
1 k suiker
3 t gelyk bakpoeier
1 e vlapoeier
2 eiers
1 t sout

Metode:
1. Room suiker, botter en eiers.
2. Meng die droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel
3. Plaas in plastieksak om klam te bly.

Klappervulsel:
7 k klapper
125 g margarien
2 t vanilla
2 k suiker
8 groot eiers
knippie sout

Metode:
1. Room botter en suiker.
2. Voeg eiers, vanilla en sout by.
3. Laaste die klapper.

Hertzoggies:
1. Gebruik voormelde soetkors. Rol uit tussen plastiek.
2. Gebruik middelslag afdrukkertjie – 6 cm.
3. Plaas in gesmeerde kolwyntjiepanne.
4. Sit ‘n half t appelkooskonfyt in holte van deeg.
5. Sit klappervulsel bo-oor.
6. Die konfyt moet heeltemal toe wees.
7. Bak teen 180°C totdat deeg ligbruin is.

 

gemmer

 

MAKLIKE GEMMERKOEKIES

200 ml botter of margarien
250 ml stroop
5 k ongesifte koekmeel
20 ml koeksoda
20 ml kremetart
5 ml sout
50 ml fyn gemmer
625 ml bruin suiker (nie sag of growwe witsuiker nie)
3 eiers

METODE:
Smelt botter en stroop in groterige kastrol oor lae hitte. Laat afkoel tot lou.
Sit meel, koeksoda, kremetart, gemmer en sout saam.
Voeg eiers by stroopmengsel en roer tot gemeng.
Gooi suiker oor en meng tot suiker net nat is. (Moenie smelt nie).
Gooi gesifte bestanddele by. Meng goed. Laat staat ± 2 uur. Maak bolletjies. Druk effens plat. Bak 10-12 min by 180°C.

 

Hawermout

 

HAWERMOUT KOEKIES


2 koppies hawermout
1 koppie suiker
1 eetlepel stroop
1 teelepel koeksoda
1 koppie koekmeel
1 koppie klapper
250g stork bake margarien
Knippie sout

METODE:
Meng meel, suiker, hawermout,klapper en sout saam.
Smelt margarien en stroop in mikrogolf en voeg by meelmengsel.
Los koeksoda in bietjie melk op en voeg by.
MENG GOED
Druk vas in baksplaat en bak stadig tot mooi goudbruin
Laat effens afkoel en sny in blokkies

koffie

 

OUTYDSE KOFFIEKOEKIES

BESTANDELE:
2 kg koekmeelblom
7 ml sout
625ml geelsuiker
750 g botter
110 ml skoon varkvet
400 ml stroop
25 ml koeksoda
250 ml baie sterk swart koffie
15ml vanieljegeursel

SO GEMAAK:
1. Meng meel, sout, suiker in groot skottel.
2. Frummel botter en vet daarin.
3. Voeg die stroop by en meng.
4. Maak die koeksoda met `n bietjie van die koffie aan en voeg dit saam met die res van die koffie en die geursel by die meelmengsel.
5. Meng alles goed om `n deeg te vorm.
Plaas deeg in plastieksak en laat oornag staan.
Rol deeg die volgende dag dun uit.
Sny ewe lange langwerpige koekies.
Trek kruis en dwars patrone oor deeg met `n vurk
Bak dit 10-12 min

VULSEL:
30 ml kitskoffie poeier
25 ml kookwater
250 ml witsuiker
100 ml botter/margarine
70 ml melk
1. Maak koffiepoeier met die kookwater aan.
2. Voeg die suiker,smeer en melk by.
3. Verhit dit tot kookpunt en kook 5min lank.
4. Haal dit van die stoof af en klop dit met `n houtlepel tot styf en goed koud word.
5. Smeer koekies en plak op mekaar vas

 

soet

 

OUTYDSE SOETKOEKIES

6 kop. meelblom
2½ kop. suiker
500 gm. margarine
4 eiers
1½ eetl. Brandewyn (opsioneel)
1 teel. fyn kaneel
1 teel. fyn
naeltjies
1 teel. fyn gemmer
1 teel. sout
1 teel koeksoda
1 teel. kremetart

METODE:
1. Sif droë bestanddele saam, voeg suiker by en meng goed.
Vryf die margarine met vingerpunte in meelmengsel.
2. Voeg brandewyn en geklitste eier by en meng dit tot dit n stywe deeg vorm.
3. Rol uit en druk af. Bak dit 10-15 min. in warm oond (180°C)

 

dedel

 

DADEL BLOKKIES

250 g (½ blok) botter
500 g (2 x 250 g-pakkies) dadels, fyn gekap
1 eier
125 ml (½ k) strooisuiker
knypie sout
200 g (1 pakkie) Mariebeskuitjies
500 ml (2 k) fyn klapper

METODE:
Smelt botter oor lae hitte en voeg dadels by. Prut stadig vir 3 min. oor lae hitte terwyl geroer word.
Klits eier, suiker en sout en voeg by bottermengsel. Roer tot goed gemeng en laat nog 2 min. op warm stoofplaat. Verwyder van hitte.
Breek beskuitjies met hande in fyn stukkies en voeg by dadelmengsel.
Smeer reghoekige bak (20 cm x 25 cm) en voer met bakpapier.
Skep dadelmengsel in bak. Druk met agterkant van lepel vas en plaas in yskas vir ongeveer 3 uur.
Sny met skerp mes in blokkies soos verkies.
Haal blokkies met behulp van bakpapier uit bak en rol in klapper
+ – 36 blokkies

 

WHITE NATION LINE

 

WHITE NATION COMPASS 2